- Information
- AI Chat
Skoenlapper Gr12 AET Opsomming Skoenlapper Gr12 AET Opsomming
Afrikaans (AFK1501)
University of South Africa
Related Studylists
Skoenlapper HannahPreview text
SKOENLAPPER
ROMAN
IRMA VENTER
"Alex het 'n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom."
OPSOMMING
Saamgestel: Madeleine Greeff Datum: 23 September 2021 Bronne: Impaq Fasiliteerders gids & Handleiding: Letterkunde Blits Afrikaans, S. Maartens. Google Images Epos: lilaclolacraft@gmail
LEES HOOFSTUK OPSOMMINGS IN HANDLEIDING →
Alex hoofstuk 1 tot 11: bl. 36–38. Alex hoofstuk 12–15: bl. 54–56. Alex hoofstuk 16–25: bl. 62–65. Alex hoofstuk 26–31: bl. 75–79. Rana hoofstuk 1–8: bl. 88–91. Ranna hoofstuk 9–15: bl. 98–102. Alex hoofstuk 1–6: bl. 110–113. Ranna hoofstuk 1–3: bl. 119–122. Alex hoofstuk 1–2: bl. 125–126. Ranna hoofstuk 1–9: bl. 128–134.
EKSAMEN :
- Maak seker jy ken die boek : KARAKTERS , wat elkeen uniek maak, waar hulle vandaan kom, wat gebeur, hoe dit eindig.
- Maak seker jy kan die TITELvan die boek verduidelik : hoekom die roman skoenlapper genoem is.
- Die literÍre begrippe wat jy vir poÎsie geleer het, word ook by prosa gevra.
Let op na :
- STYLFIGURE/BEELDSPRAAK in die roman.
- DRAMATIESE IRONIE : weet jy wat dit is en kan jy voorbeelde daarvan gee.
- Die KONFLIK wat die karakters ervaar en watter tipe konflik dit is.
- SIMBOLIEK : Skoenlapper; reÎn.
- MOTIEWE : Skoenlappers, ReÎn, Waarheid, OÎ, Woorde, foto's en boeke & Inligtingstegnologie (IT).
- HOOFTEMA van geregtigheid, wraak en weerwraak. (en geheimsinnigheid, agtervolging, vlug en veiligheid).
- SUBTEMAS : Die chroniese mishandelde vrou, Geslaggebaseerde geweld, Verraad, Liefde, Klimaatsverandering en Mediaprioriteite.
- RUIMTE, INTRIGE, SPANNING , FORMAATVAN LANGVRAE : (* Net 'n voorbeeld, NIE DIE EKSAMENVRAAG NIE!!! *)
Inleiding → In die roman, Skoenlapper , hou die titel verband met die motief van skoenlappers en sluit aan by die tema van vlug en veiligheid. Hierdie stelling sal bespreek word deur na die titel, skoenlappers motief en tema van vlug en veiligheid te wys. (Moenie die woord inleiding/inhoud of slot skryf nie). Inhoud → Hoofpunt, verduideliking, voorbeeld uit die roman (bladsy nommers nie nodig). Onthou om enige direkte aanhalings in in "kommas" te sit. Elke nuwe hoofpunt in 'n nuwe paragraaf te begin. Los 'n lyn oop na elke paragraaf. Slot → In hierdie roman, Skoenlapper , hou die titel verband met die motief van skoenlappers en sluit aan by die tema van vlug en veiligheid. Hierdie stelling is bespreek deur na die titel, skoenlappers motief en tema van vlug en veiligheid te wys. NB!! Jymoet die boek lees , ten minste twee keer as jy kan. Luister na 'n oudio van die boek terwyl jy lees. Visualiseer die storie. Doen navorsing oor plekke, name, interessante feite in die roman om jou te help om 'n prentjie in geheel te skep. Dit sal hou help om enige LV te beantwoord.
Stelselmatig begin die onsekerheid rondom Ranna, haar verlede en haar rol in die dood van Billy toeneem. En dan, sodra jy, soos Alex, byna oortuig is dat sy verdag optree, verskuifdie perspektief na diÈ van Ranna, weer eens as eerstepersoonverteller.
Nou ervaar die leser h··r emosionele belewenis , haar paniek en desperate pogings om Alex veilig te hou. Want Ranna se verlede volg haar en dit sorg elke keer wanneer sy in’n verhouding betrokke raak, vir veel meer as bloot chaos. Dit is nie om dowe neute dat sy stede soos Dar es Salaam kies nie: hier kan sy anoniem bly,’nblote skim, en lig bly leef. Sy durf nie vir Alex of Hamisi vertrou en die waarheid vertel nie. Vertrouehet haar in die verlede reeds duur gekos. Beide
Ranna en Alex word so oortuigenduitgebeeld dat die leser nie kan of wil kant kies nie. Hierdie spel met die leser word vernuftig gebruik om spanningop te bou. Dit gaan om meer as die oplos van Billy se moord of Ranna se verlede wat dreig om haar weer eens te verswelg; die verhouding tussen die hoofkarakters en die behoud, fisies sowel as psigies, van beide karakters is wat die leser jaag om klaar te lees.
Die spanning word op breekpunt gehou nie deur’nreeks moorde of gewelddadige tonele nie (benewens die klimakstoneel is daar byna geen gedetailleerde beskrywings van geweld nie), maar deur die opstapeling en onthulling van geheime, inligting en verdoeselings.
Skoenlapper getuig van insig en mensekennis ; die karakters is oortuigend en prikkelend , die ruimte word vernuftig gebruik as toeligting tot die karakters se optrede sowel as om atmosfeer te skep.
Daar is geen goedkoop truuk om spanningop te bou nie. Die spel met die leser word op ’n bedrewe en onderhoudende manier gespeel. Boonop is die tempolekker vinnig , die hoofstukke kort en Venter se stylvars en verfrissend.
RESENSIE – net vir informasie doeleindes! Met die opening van Skoenlapper ontmoet die vryskutjoernalis Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf wat, soos hy, gestasioneer is in Dar es Salaam ,’nplek< waar dit lyk asof niemand kan oorleef nie en niks kan gebeur nie =(9).
Die oomblik wat Alex haar sien, weet hy:< Dis hoe’nmens verlief raak. In een oomblik. In minder tyd as wat dit neem om jou asem in te trek = (10). Ten spyte van waarskuwings dat Ranna nooit lank in’nverhouding bly nie en tjoef-tjaf deur minnaars draf, word Alex deur haar betower. Haar geheimsinnigheid en aanvanklike terughoudendheid is wat hom van meet af aangetrek. Dit word egter stelselmatig sy grootste frustrasie: Ranna weier om oor haar verlede te praat en is ontwykend wanneer hy reguit uitvra.
Wanneer die lyk van miljardÍr Billy Jones gevind word en dit aan die lig kom dat Ranna die laaste persoon is wat hom gesien het, begin Alex wonder of sy werklik onskuldig is. Waarom wil sy nie met hom of die speurder, Hamisi, praat nie?
Alex is self’n komplekse karakter wat van’npynlike verlede wegvlug, daarom dat hy verkies om oor plekke soos Dar es Salaam te berig. Hy probeer sy bes om Ranna die ruimte en ondersteuning te gee wat sy vra. In Dar es Salaam, weet Alex, word misdade nie so vinnig soos elders opgelos nie, en die voor die hand liggende is nie altyd die beste oplossing of antwoord nie.
Maar Hamisi blyk besonder bekwaamd te wees en sorg vir die een onaangename verrassing na die ander wat Ranna betref. DiÈ speurder weet duidelik baie meer van Ranna as Alex.
Uit die aard van sy werk jaag Alex chaos. Dit volg hom.< Chaos herhaal homself altyd. En dit wat te veel herhaal, soos reÎn, verloor ook uiteindelik impak. Dit krimp in omvang [...] Skok, net soos liefde, kan afgestomp raak. Gewoon raak. Alledaags en vervelig raak =(85). Met Ranna word Alex weer binne-in chaos gedompel, diÈ keer van’npersoonlike aard, en dit dreig om meer as sy verhouding te kelder.
Venter bouspanning slim op deur van afwisselendeeerstepersoonvertellers gebruik te maak. Die leser klim in die lyf van Alex, simpatiseer met hom, word saam met hom geskok en onthuts.
ELEMENTE VAN INTRIGE EN SUB-INTRIGE → NB!!
(FREITAG SE DRIEHOEK)
(1) EKSPOSISIE / UITEENSETTING
Die situasie begin. Die besonderhede oor die ruimte en tyd. Die vernaamste karakters. Moontlikhede vir ontwikkeling van temas en konflik. 9 Februarie : Troue iewers tussen Arusha en Dar es Salaam. (9-15) Volgendedag : Alex en Ranna kuier by Hardings. (16-25) Volgende dag : Dinsdag 11 Februarie (91), die dag waarop Ranna en Billy se verhouding beÎindig is: Nuuskonferensie; kuier by Hardings; Ranna het 'n wond. (26-33) Volgendedag : Alex by Ranna se huis; nuuskonferensie; gaan soek haar by skoenlappers. (34- 52) Tweedae later : Alex en Ranna by Hardings. (53-57)
(3) MOTORIESE MOMENT
Gebeurtenis wat die hoofhandeling aan die gang sit. Vraag ontstaan: Wat nou? Sondag (71): ontdek lyk; verklarings by polisiestasie; Ranna bel Alex om by haar te kom slaap. (70-85)
(7) ONTKNOPING / D.. Oop einde → NB!! Volgendeaand : Alex bel met nuus dat Tom se oorblyfsels gekry is. (303) Driedae later : Boel de Jonghe daag op. (303-310) Volgendedag : Ranna droom; vra Alex om IT-persoon (Sarah) te skakel; Ranna wag vir oproep van Sarah. (310 -313) Volgendedag : Ranna berei verklarings en foto's voor; bel Hamisi, Sarah en Boel de Jonghe bel die aand (313-315) Volgendedag : Ranna verlaat hotel en vertrek per trein na Johannesburg. (315-316) Tweedae later : Ranna ontmoet Sarah (317-324) Onbekendetyd later : Ranna vertrek (325-328)
(6) AFLOOP / ANTIKLIMAKS
Die los drade word saamgevoeg en raaisels word opgelos. Volgendedag : Probleem met kar; Ranna slaap nog 'n nag oor; struweling met Francois. (282-301) Volgendedag : Ranna ry na Kaapstad. (302-303)
(4) ONTWIKKELING / VERWIKKELING 2 Die elemente raak verder gekompliseer. Tweedae later : Alex ontmoet Hamisi by Hardings; Alex ry met ompad huis toe. (85-93). Volgende dag : Alex by Ranna (93-101). Volgendedag : Nuuskonferensie; Alex ontmoet Hamisi daarna; Alex soek inligting op internet (101-118). Volgendemiddag : Alex bel Sarah; by Ranna, maar verlaat haar woedend; Alex by Hardings; oproep van Sarah (119-128). Moontlikvolgende oggend : Ontbyt met Tom; Alex by Hamisi; Alex by Ranna (129-137). Verskeiedae verloop : die reÎn hou op; Alex het laaste ontmoeting met Hamisi; lang gesprek met Ranna; Alex pak om Suid-Afrika toe te gaan; Ranna in Hardings; Hamisi wag vir haar by haar woonstel;Hamisi sÍ Alex het daardie oggend vertrek; Ranna maak haar eerste lys (137-162). Volgendedag? Nuuskonferensie; Ranna gee lys vir Hamisi (162-164). Tweedae later : Hamisi bel Ranna; lys onvolledig (165-166). Tweedae en twee nagte later : Ranna het tweede lys (166-167). Volgendedag : Ranna met Tom by Hardings en in haar woonstel (168-175). Volgendedag : Gesprek met Jaco Steyn (176-181). Volgende oggend : Hamisi en Ranna eet ontbyt (182-187). Volgendeoggend : Ranna by Charlie Wang; aandete met Tom; telefoongesprek met Hamisi; aanval in die nag (188-206). Volgendedag : Met Hadhi; loer vir Hamisi af; kry geheimsinnige oproep; na Charlie se kantoor; tweede gesprek met Charlie (?); by Hardings, eet Bobotie met Hadhi (?) (206-225). Volgendeoggend : Besluit om weg te gaan (225-226). Tweedae na Alex met sy ma gepraat het →beweeg dus ten minste 11 dae terug in tyd: Alex in Suid-Afrika (227-230).
(5) KLIMAKS
Draaipunt / Hoogtepunt / Botsing. Die mees opwindendste, effektiefste, belangrikste, mees intense oomblik (geestelik of in die handeling) van die storie. Aantaldae later : Ranna bel plaas toe; Alex en Sophia by winkels; Sarah bel. (231- 240) Volgendedag en nag : Ranna kom op plaas aan; Tom se aanval en dood; lyk in nag op treinspoor gesit. (241-281)
(2) ONTWIKKELING /
VERWIKKELING 1
Die elemente tot dusver raak gekompliseer. Volgendedag : Vlug na vloedgebied afgelas; Alex en Ranna in haar woonstel. (58-65) Volgendedag : Vlug per helikopter; Alex en Ranna in haar woonstel; dag waarop Billy Jones se huis in die see stort? (66-69)
1
23
4
5
6
7
DIE INTRIGE (VERHAALPLAN)
Die INTRIGE is die patroonvan die gebeure wat in’n spesifiekevolgorde in die verhaal voorkom. Dit staan egter nooit los van ander elemente waaruit’nliterÍre teks bestaan nie. Dit is’n reeks gebeure wat die skrywer gebruik om die verhaal te vertel.
Die gebeure bou op na’n HOOGTEPUNT en het gewoonlik’n inleiding ,’n liggaam en’n slot.
Intrige is hoe gebeure aangebied en georganiseer word: opeenvolgende gebeure is afhanklik van mekaar om’n bepaalde effek te bereik.
Die basis van enige intrige is KONFLIK. Die karakters word met’n situasie gekonfrontreer wat teen die einde van die verhaal opgelos word.
Dit gaan hier om meer as die oplossing van’nmoord of Ranna se verlede wat dreig om haar weer eens in te haal; dis die verhouding tussen die twee hoofkarakters en die behoud van hul albei wat die leser jaag om klaar te lees.→ NB!! Dit gaan meer oor die opstapeling en onthulling van geheime en inligting.
Die verhaal bereik sy KLIMAKS – die mees intense oomblik–toe die moordenaar ook vir Ranna en Alex na sy ouers se plaas in Suid-Afrika agtervolg. Ranna steek eindelik vir Tom dood enhelp Alex om van die lyk ontslae te raak.
Probleem met kar; Ranna slaap nog 'n nag oor; struweling met Francois. Ranna ry na Kaapstad. Hierdie gebeure noem ons die AFLOOP , want dit is die gebeure direk na die klimaks – samevatting van al die los drade.
Die ONTKNOPING vind in die Kaap tydens haar vakansie plaas. Sy besef sy en Alex sal weer ondervra word en hulle kan dalk verhoor word. Daarom besluit Ranna om Sarah se hulp te vra om haar uit die land te kry met’nnuwe identiteit en paspoort. Sy begin’nnuwe lewe.
TYD
- TYDSVERLOOP is die tyd waarin die verhaal afspeel.
- DIEVERTELTYD is die aantal bladsye wat dit neem om die verhaal te vertel. Die storie van Skoenlapper word in 320 bladsye vertel.
- Die vertelde tyd is die tydperk of periode wat die verhaal dek. Dit sluit nie terugflitse in nie. Dit is moeilik om hierdie verhaal se tydsverloop te bepaal, omdat daar nie spesifieke verwysings na tyd is nie.
- Die verhaal begin waar Alex vir Ranna op die troue ontmoet (10) en eindig waar sy op die vliegtuig klim om Suid-Afrika te verlaat,’npaar maande na hul ontmoeting. (328)
- Die verhaal speel in die teenwoordigetyd af en word CHRONOLOGIES vertel. Die gebeure volg dus op mekaar.
- In die verloop van die gebeure word daar verwys na dinge uit die karakters se verlede deur dit wat hulle sÍ of dink. Dit word TERUGFLITSE genoem. Ranna dink : Op ses was ek die langste in my klas. Teen matriek het net die eerste rugbyspan se slot hoÎr as ek gerank. Dit beteken ek kon nog altyd verder sien as die meeste vroue ... (151)
- Voorbeeldevan verwysings na tyd in die teks : Ranna se vriendin, Hadhi, verwys na Ranna as Miss America omdat haar Suid-Afrikaanse ma en Israeliese pa 15 jaar vantevore–voor die huidige tyd in Dar es Salaam–New York toe getrek het. (13) Ons lees ook dat Ranna drie jaar vroeÎr nog bekend was as Isabel Baker verwys na die < Februariehitte = buite (18; 33). Hy het Ranna in Februarie van daardie jaar in Dar es Salaam ontmoet, waarskynlik nie lank na sy aankoms in TanzaniÎ nie.
- OOPEINDE :is nader aan die ware aard vd lewe as verhale met finale, afgeronde eindes. Die moord van Tom is nie opgelos nie. Die waarheid het nog nie uitgekom nie. Ranna en Alex se verhouding hang in die lug. Sal Alex haar kan vergewe en vergeet? Het hulle aangegaan met hulle lewens?→ NB!! Begin → Troue Dar es Salaam
Gebeure volg chronologies op mekaar
Oop Einde → OR Tambo Lughawe
DRAAIMOMENT/-PUNTE
▪ AlexHoofstuk 26 : (26-28) begin met 'n draaipunt in Alex se verhouding met Ranna. Dit gebeur tussen twee fases in hulle verhouding: hulle het pas nader aan mekaar gekom (dit lyk of Alex nou by Ranna ingetrek het), maar nou neem Alex se wantroue teenoor haar toe. ▪ RannaHoofstuk 6 : (168-175) die skrywer manipuleer die ruimte of milieu vernuftig om Ranna en Tom om 'n gemotiveerde rede bymekaar te plaas. Die toneel wat volg waar Tom vir Ranna na haar woonstel neem, is 'n sogenaamde draaimoment in die vertelling weens die invloed wat dit op die verhouding tussen Ranna en Tom het, asook op die leser se waarneming van Tom. Hierdie toneel verskaf ookdie inligting waardeur Ranna later vir Tom as die aanvaller identifiseer. ▪ AlexHoofstuk 3 : (235-240) belangrike draaipunt – dit kom voor of Ranna onskuldig aan die moorde is, maar dat daar 'n ander persoon is wat bloeddorstig skyn te wees.
▪ RannaHoofstuk 1-3 : (257-270) die uitgerekte krisis loop nou op 'n fisiese botsing waarin dieprotagonis en antagonis direk teenoor mekaar te staan kom. Hier kom weer tweedraaipunte voor: Alex besef ten slotte dat Ranna reg en geloofwaardig was, en Tom onthul die motoriese element in sy lewewat ook die krisis in Skoenlapper meegebring het.
GENRE : Roman Dis 'n baie spannende boek met baie leidrade wat dalk met die eerste lees nie opgemerk word nie. Dus is dit goed om die boek vir 'n tweede keer te lees.
Skoenlapperhet kenmerke van :
▪ 'n Misdaadroman of krimi (kriminalroman)
▪ 'n Speurroman. ▪ 'n Liefdesroman. ▪ 'n Spanningsroman. ▪ Hoofstuk 21 is 'n voorbeeld van waarom Skoenlapper ook as 'n sielkundige roman beskou word. Dit gee 'n oortuigende uitbeelding van : ➢Die wroegings (innerlike konflikte) in Alex se gemoed; ➢Die interaksies tussen Alex en Ranna; ➢Alex se aandrang op die waarheid en op vertroue tussen hulle; ➢Ranna se maniere om Alex se vrae te systap ; en ➢Ranna se uiteindelike erkennings. DIE STEMMING
▪ Die atmosfeer wat geskep word, bv. opgewek, gespanne of swaarmoedig.
▪ Dwarsdeur die roman is die stemming/atmosfeer met spanning gevul.
▪ Dit is geheimsinnig, vyandig en weens die komplekse verhouding tussen Alex en Ranna, morbied.
▪ Wanneer emosiesby die milieuaansluit, word dit atmosfeer.
▪ Ranna wil byvoorbeeld na Tom se dood nie gaan slaap nie, want sy dink aan die vrees en baie bloed in die studeerkamer waar sy moet slaap.
▪ Die atmosfeer in die studeerkamer is gespanne/vreesaanjaend. (284)
TOON
▪ Die skrywerse houding teenoor sy lesers & die onderwerp (persoon/ding) wat hy aanspreek.
▪ Die skrywer kan formeel, informeel, speels, ironies, sarkasties, optimisties, pessimisties , ensovoorts wees.
▪ Die toon wat die skrywer in die eerstesinne gebruik, is baie belangrik.
▪ As’nmens chaos jaag, dan weet jy van geraas. Gemors. Skares. En van nÍrens. (9)
▪ Met hierdie beginsinne toon die skrywer’n matevan pessimisme.
▪ Dit voorspel teenspoeden ongeluk.
STYL
▪ Skoenlapper is treffend omdat die skrywer gebruik maak van kort,bondige sinne. ▪ Kort sinne bouspanning. ▪ Die taalgebruik is informeelen modern en pas by die karaktersen genre. ▪ Lewendigebeskrywings (soos van Dar) is effektief. ▪ ’n Vars,nuwe beskrywing van die liefde word gegee: (54-55).
IRONIE
IRONIE : Verbaleironie : Die karakter sÍ iets, maar bedoel eintlik die teenoorgestelde. ▪ Francois dreig Alex dat daar moeilikheid gaan wees as hy weer so met hom praat. Albei weet egter dat Alex sy pa’nvorige keer reggesien het en nou loop hy met’nletsel op sy skouer. SITUASIONELEIRONIE : Iets gebeur wat ons nie verwag nie. ▪ Alhoewel Alex op’nplaas grootword, word hy’njoernalis as gevolg van sy pa,’nboer, se optrede.’nBaie suksesvolle joernalis. DRAMATIESEIRONIE : Die leser beskik oor inligting wat die karakters nie het nie .→ NB!! ▪ Is wanneer 'n karakter onbewus is van seker situasies of toestande terwyl die leser daarvan weet. ▪ Die leser is bewus van die gebeure in die studeerkamer waar Tom, die moordenaar, by Ranna deurdie venster geklim het. Alex hoor ook geluide, maar is nie bewus van die drama nie... tot hy diedeur oopmaak. ▪ In die roman kom dit eers met die tweede lees na vore–tensy die leser self 'n puik speurder is.
TEMPO :
(Narratief/Vertelling/Skryfstyl) ▪ Opvallende korthoofstukke gee 'n vinnige pas en dra by tot die spanning. ▪ Die gebruik van kort,kragtige sinne en frases dra by tot die vinnige pas vd vertelling (tempo). ▪ Dit is belangrik om op te let dat hierdie styl in Ranna se hoofstukke verander om meer tipies van hierdie karakter te wees. ▪ Daar is vroeg 'n MOTORIESEELEMENT wat die handeling vd res van die vertelling aan die gang sit: Alex & Ranna raak oombliklik verlief–dit toon reeds die vaart vd vertellling. ▪ Skrywer gee geloofwaardigheid aan die vertellings deur dikwels spesifieke en konkrete besonderhede te gee. Dit sluit aan by Alex se joernalistieke speursin. Hy noem bv. die fabrikaat van sy skoene , Merrells , bekende Amerikaanse skoene vir buitelug aktiwiteite. Die geluid van die Nikon-kamera help Alex later om vir Ranna op te spoor wanneer sy foto's van skoenlappers neem.
ALEX EN RANNA SE VOORGESKIEDENIS :
ALEX :
- Word groot op plaas suid van Vanrhynsdorp, Wes-Kaap. "Ek het een oggend wakker geword en ons huis in die vlakte duskant Vanrhynsdorp was omring met water" (34).
- Ongeveer vier jaar oud toe sy pa verander het.
- Ses jaar oud: Vloed op plaas. "Daardie wolkbreuk sou die groot vloed van ons deel van Namakwaland word" (34).
- Studeer joernalistiek. "Ek gaan Stellenbosch toe om joernalistiek te swot" (34).
- Vyf jaar tevore: Dek die vloed in Alexandria, Gauteng RSA.
- Werk die afgelope maand in Dar es Salaam – sy eerste keer buite Suid-Afrika. "Dis die eerste keer dat ek buite Suid-Afrika werk, maar ek weet was sy sÍ is waar" (11). "Ek het laas maand hier aangekom" (12).
- Ongetroud.
RANNA :
- Gebore in Johannesburg.
- Vier jaar oud: Ontbloot kulkunstenaar.
- 11 jaar oud: Pa oorlede.
- Ma trou weer, met 'n Joodse man.
- Trek ses jaar later New York toe.
- Nege jaar het sedertdien verloop (14).
- Opgelei as fotograaf.
- Werk twee jaar lank in San Francisco.
- Was 26 toe die man haar begin agtervolg het.
- Wen internasionale fotografieprys, wys dit van die hand.
- Vriend se dood.
- Werk drie jaar lank in Parys , vriend/verloofde is dood. "En voor jy hier aangekom het, was jy amper verloof" (27).
- Werk reeds drie jaar in Dar es Salaam.
KONFLIK
UITERLIKE KONFLIK vind plaas tussen die hoofkarakter(s) en’nander karakter of tussen die hoofkarakter en sy omgewing of gemeenskap.
INNERLIKEKONFLIK gebeur in die gemoedvan die hoofkarakter en is die spanning wat in’n persoon geskep word deur die botsingvan begeertes, behoeftes, drange, vrese en onsekerheid.
Omdat Skoenlapper as ’n spanningsroman gesien kan word, kan dit nie anders dat konflik teenwoordig is nie.
Innerlik worstel die twee hoofkarakters, Ranna & Alex , met hul kinderjare wat vol geweld, spanning en uiterlike konflik was. Dit is juis hierdie konflik wat huloptrede beÔnvloed. Wantroue in die mensdom kom by albei voor. Die gevoelwat vd begin af tussen Ranna en Alex ontstaan , bring ook innerlike konflik aangesien sy so baie uit haar verlede met haar dra. Hierdie konflik bereik’n hoogtepunt in Ranna wanneer sy besluit dit beter sal wees as sy die land & Alex verlaat.
Uiterlik raak Ranna in gevegteen woordewisselinge betrokke–omdat sy baie keer voel sy word deur mans misbruik. Wanneer Francois, Alex se pa, by haar aanlÍ en sy seun beledig,gaan sy hom te lyf nadat hy haar deur die gesig geklap het.
Innerlik stoei Alex met sy eie gedagtes oor Ranna. Hy voel onseker oor sy gevoel vir haar en haar houding teenoor hom. Op bl. (28) erken Alex egter dat hy ook nie moeite gedoen het om oor haar verlede uit te vra nie–miskien omdat hy nie daarvan wou weet nie.
Innerlik : Alex ontdek dat Ranna se verlede al hoe meer kompleks begin lyk en dat sy by die vermoorde betrokke was en deur hom beseer is. Die vraag of Ranna betroubaar is, kom alhoe meer na vore. Die uiterlikeen innerlike konflik raak al hoe duideliker en gee die vertelling ook die aard van 'n spannings- en sielkundige roman.
Wat is die tweestrydof innerlike konflik wat Alex besef Hamisi in hom raaksien? Hy voel woede, want dit gee vir hom verdere rede om Ranna te wantrou (hoofstuk 24).
Innerlik : Op bl. (194) stel Ranna vrae aan haarself. Sy wonder of sy " nie meer tussen waarheid en fiksie kan onderskei nie ". Hierdie vrae stel ook eise aan die leser. Ranna wantrou steeds vir Hamisi : Watter afleidings kan die leser oor Hamisi maak? Het Ranna redes vir haar wantroue? Watter inligting het die leser om Ranna verkeerd te bewys.
RONDE/DINAMIESEKARAKTERS : ondergaan belangrike veranderings.
Skoenlapper is nie 'n tipiese karakterroman met duidelike karakterontwikkeling nie, maar toon wel kenmerke van 'n dinamiese / ronde karakter in Alex in sy opstand teen sy pa en sy twyfel oor sy verhouding met Ranna. Sarah is moontlik die ingewikkeldste en interessantste karakter.
Die WISSELWERKING tussen RUIMTE en KARAKTER is belangrik.→ NB!!
Hoe sterker die karakter se belewing van ruimte en tyd , hoeronder of meerdinamies is die karakter.
Hoe minder die belewing van ruimte en tyd , hoeplatter en meerstaties is die karakter.
Alex en Ranna is albei rondekarakters wat ontwikkel en deur tyd en ruimte gevorm word.
KARAKTERISERING
UITERLIKEBESKRYWING : is die mees algemene metode om 'n karakter te beskryf. Dit sÍ hoe die karakter lyk en sluit die volgende in: lengte, gewig, velkleur,haar- en oogkleur, enige liggaamlike gebreke, enige opvallende kenmerke soos moesies, sproete, vlekke, en manier van beweging. Ranna se uiterlike voorkoms word duidelik geskets.
HOUDING : hierdie metode van karakterisering is die skrywer se beskrywing van diekarakter se houding. Dit is hoe die karakter voel oor dinge wat in die verhaalmet hom/haar gebeur en hoe die leser dit saam met hom/haar ervaar. Ranna se oorlewingsdrang en haar vindingrykheid om aan te pas toon belangrike kenmerke van haar karakter.
DIALOOG : is die wyse waarop die karakter praat. Dit verwys na die woordkeuse(diksie) en sintaksis (sinsbou) wat deur die karakter gebruik word. Dit sluit ook TOON , STYL & SEGSWYSE in. Francois se kortaf, onsimpatieke toon met Alex, asook sy neerbuigende en vleiende toon met Ranna openbaar sy karakter as manipulerend en wreed.
GEDAGTES : ons kan ons karakter leer ken as ons weet wat hy/sy dink. Die eerstepersoonvertelling deur Alex en Ranna gee direk insig inhulle karakters.
REAKSIEOP ANDER KARAKTERS : ons kan kan ons karakter leer ken deur te kyk hoe hy/sy teenoor ander karakters optree en reageer. Reaksies kan mondeling, sowel as fisies of emosioneel van aard wees. Uit die karakter se reaksie kan ons bepaal of die karakter gewild/ongewild, eerlik/oneerlik, ens. is. Alex se optrede teenoor Ranna gee insigte in sy karakter: Hy wil duidelikheid hÍ, kan nie met onsekerheid saam leef nie, sien sake in skerp teenstellings en doen drastiese stappe as hy nie duidelikheidhet nie, soos om na Suid-Afrika terug te keer.
KARAKTEROPENBARING
Een van die redes waarom mense dit geniet om stories te lees is dat jy interessante en besondere karakters kan "ontmoet". Daar is verskillende maniere waarop 'n skrywer karaktertrekke aan die leser kan openbaar: ❑ Diekarakter kan self iets oor hom- of haarself aan die leser of 'n ander karakter in die verhaal verte l, bv. wat Alex vertel oor sy houding oor liefde. ❑ Diekarakter kan eienskappe oor hom- of haarself deur handelinge openbaar , bv. dat Alex gevlug het as hy gesien het as sy pa gaan kwaad word. Dit wys miskien dat hy vroeg geleer het om konflik te vermy. ❑ Diekarakter kan eienskappe oor hom- of haarself openbaar deur dialoog of die karakter se direktewoorde , bv. wanneer hy die naam "Dar es Salaam" volledig sÍ (teenoor Ranna wat net van "Dar" praat), wat wys dat Alex op volledige en korrekte feite ingestel is. ❑ Gedagtes : Een van die motiewe is Alex se groeiende agterdog teenoor Ranna. Dit kom gewoonlik na vore as kwelvraewat Alex aan homself stel. Ons leer hom sodoende ken as 'n persoon wat na dink oor dinge, wat soms filosofeer, die redes enverklarings agter dinge soek, maar wat ook, soos Ranna hom waarsku, die lewe te veel interme van swart en wit–absolute teenstellings–sien. ❑ Anderkarakters kan sÍ hoe hulle die karakter waarneem en dit wat hulle van hom of haar weet, bv. as Ranna sÍ wat sy van Alex se suinigheid met woorde dink. ❑ Alexgee waarnemings van Maggie se optrede : "Maggie staan nader ... asof sy wil hoor ... sy loop kroeg toe, haar treÎ traag." (90). 'n Voorbeeld waar die leser aan die indrukke van die eerstepersoonverteller oorgelaat word sonder dat jy weet of dit korrek is, tensy dit strook met inligting of waarnemings wat op a nder plekke en moontlik ook deur Ranna gegee word. Die leser moet dus die vraagstel of Alex se waarnemings op bl. (90) met die ander plekke–waar Maggie wel as nuuskierig ('n " busy body ') voorgestel word, selfs as 'n stereotipiesekroegkelnerin wat 'n arendsoog oor alles in die kroeg hou. ❖ Handelsname is 'n kenmerkende tegniek van die skrywer waardeur sy ook karaktertrekke openbaar. Die tegniek kan doeltreffend wees, maar dit veronderstel dat die leser die verwysings snap. Bv. Tom wat Marlboro-sigarette rook word met die "Marlboro Man" geassosieer en Hamisi wat Dunhill-sigarette rook, wat meer gesofistikeerd en duurder as heelwat ander sigarette is. Hy is 'n gesofistikeerde "man van die wÍreld", soos sy sigarette suggereer. Kyk gerus na al die ander handelsmerke gelys onder die woordeskat afdeling.
❑Ranna noem hom 'n " decent ou " (2), " ordentlik " (54) en " iets goed " (251), en dat sy aan hom dink as " wit "–" ' n Krag wat van binne kom ." (252). Sy beskuldig hom egter daarvan dat hy hardkoppig is–dit sien 'n leser in die wyse waarop hy 'n paar keer volhou–selfs toe Ranna by hom op die plaas is–om vrae oor haar verlede aan haar te stel. Hy is ook soms moedswillig wanneer hy byvoorbeeld op bl. (53) voorstel dat hulle eers die volgende week gaan bier drink. Ranna begryp egter: " Iets het (hom) lank terug saggemaal en uitgespoeg. " (21). Dit is 'n raak beskrywing van wat sy pa aan hom gedoen het. ❑Hamisi sÍ hy dink Alex is 'n wakkerpersoon en dat hy " onskuldig en skadeloos " lyk (133). Maggie sÍ hy was "goed" vir Ranna en dat hy in Ranna se geselskap ontspan het. ❑Alex is ook " stout ": Terwyl hy vir Ranna in Hardings wag die dag nadat hy haar ontmoet het, vertel hy: " Ek leun terug in my stoel. Net dalk is vanaand my gelukkige aand. " (19). Hy leer Ranna beter ken en hulle verhouding raak hegter en intiemer. ❑Die manier waarop Alex die wÍreld waarneem en dat hy tiperende besonderhede van tonele kan weergee, wys dat hy 'n noukeurigejoernalis is. Hy vors inligting goed na en volhard om stories behoorlik uit te pluis. Kontroleerbare feite is vir hom belangrik. Hy sÍ: " As ek moet glo dat goed sommer net gebeur, sal ek mal word ... Daar moet 'nrede wees. 'n Hoekom. Oorsaak en gevolg ." (81). Ranna sÍ alles is " swart en wit " vir hom, terwyl sy toelaat vir " 'n heelal tussenin " (76). Hamisi gebruik feitlik dieselfde woorde wanneer hy oor die verskil tussen Alex en Ranna praat: " Of is dit omdat hy swart en wit en jy grys is? " (155). Tog word hy agtervolg deur " chaos " sodat hy dobbertussen die drang na sekerheid en die onsekerheid (56). ❑Dit vat hom lank om die informele naam " Dar " te gebruik , soos Ranna en die ander dit noem (17), in plaas van die volle naam " Dar es Salaam ", wat wys dat Alex op volledige en korrektefeite ingestel is. Hy vertel dikwels in besonderhede van sy omgewing (16). ❑Alex erken hy het 'n onbeheerste " behoefte om te weet " : " Eendag gaan dit nog my ondergang beteken. " (45). ❑Hierdie eienskap verongeluk egter byna sy verhouding met Ranna omdat hy nie in onsekerheid oor haar verlede kan saamleef nie en haar later van leuens, stilbly en selfs misdadigheid verdink– en beskuldig. Daar is dus 'n mate van onbuigsaamheid in sy karakter. Hy sÍ: " Ek weet nie wanneer om dinge te los nie ." (135). ❑Omdat Alex dinge niemaklik aanvaar nie , dink hy dikwels na oor sy ervarings, bv. sy nadenke of refleksie oor liefde op bl. (32-33) en die waarheid opbl. (52 en 251). Soms raak hy filosofies , bv. wanneer hy dink oor die effek daarvan om in die verlede tyd te skryf (" Van verby "Kl··r ") en in die toekomstige tyd (" Die gewig van moontlikheid. Onsekerheid " (56).
ALEX DERKSEN–Hoofkarakter / Protagonis / eerstepersoonverteller
❑Alex is 'n koerantjoernalis wat vir AP (Associated Press) in TanzaniÎ geplaas is om berigte oor gebeure daar te beskryf. Dis sy eerste sending buite Suid-Afrika. Van sy artikels word soms in hoogaangeskrewe internasionale koerante geplaas.
❑Hy het op 'n plaas suid van Vanrhynsdorp in die Wes-Kaap grootgeword as enigste kind van Francois en Sophia Derksen. Alex het joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer (swot), eerder as om te gaan boer.
❑Alex het sterk verbonde aan sy simpatieke ma gevoel, maar sy pa het hom geboelie en sy ma mishandel. Vanaf 'n jong ouderdom het Alex in die nag uitgevlug as sy pa so gewelddadig teenoor sy ma was. Dit wys miskien dat hy vroeg geleer het om konflikte vermy. Toe Alex so lank soos sy pa geword het, het hy fisies terugbaklei en 'n litteken onder sy linkeroog opgedoen. Van toe af het sy pa nie meer aan sy ma geslaan as hy in die omtrek was nie.
❑Die verhouding met sy pa het uiters stram gebly, maar hy en sy ma het 'n nabye verhouding behou. Deurdat sy pa baie gedrink het, het Alex geleer om die fases van sy dronkenskap fyn te lees en sy gewelddadige optrede te voorspel. Alex sÍ dat dit 'n belangrike rol in sy vorming as joernalis gespeel het omdat hy geleer het om besonderhedewaar te neem en om mensese emosies te lees en te voorspel – dit dikwels in sy eerstepersoonvertelling duidelik wanneer hy verwys na sy waarneming van mense se oÎ.
❑Daar is min inligting oor Alex se verdere lewe–hy vertel dat hy vyf jaar tevore met 'n groot vloed in Alexandra, Johannesburg oor tragiese gebeure verslag gedoen het. Alex herhaal dikwels dat hy voel waar hy gaan, volg chaos–wanordeen verwarring–hom. Hy noem ook dat hy al dikwels lyke gesien het. Hy noem ook dat jy dikwels draf (16).
❑Volgens sy ouers het Alex nie romantiese verhoudings gehad nie en was sy ma bly dat Ranna op die plaas sou kuier. Sy pa was soos dikwels neerhalend teenoor Alex omdat hy nog nie getroud is nie.
❑Toe Alex vir Ranna, 'n persfotograaf, by 'n troue tussen Dar es Salaam en Arusha in TanzaniÎ ontmoet, was hy self verras dat hy so oombliklik deur haar betower is en verlief geraak het.
❑Ranna sÍ Alex is " suinig met woorde " , sodat die leser ook min van Alex oor homself in sy eerstepersoonvertelling kan verwag. Lesers moet behoorlik tussen die reÎls lees om afleidings oor hom te maak.
❑Ander karakters–sogenaamde implisieteinligtingsbronne – gee inderdaad meer inligting oor Alex.
❑Toe hulle die lyk op die stand ontdek, dink Alex Ranna lyk bang (74). Wanneer sy dan by hom op die plaas aankom, besef Alex die bangheid wat heeltyd daar was, het uit haar oÎ verdwyn (139, 241-242). ❑Sy het 'n aktiewe,gedrewe persoonlikheid wat bv. na vore kom deur haar vermoÎ om baie bier te drink (22) en min te slaap. Dit hou verband met Ranna se onverskrokkenheid ( sonder vrees, dapper ), soos wanneer sy nie opsy staan vir die bakkie met vrouens by die troue nie (13). En ook met haar berekendeonafhanklikheid : Wanneer sy geen uitweg sien nie, besluit sy om self die agtervolger en moontlike moordenaar te vind deur as't ware haarself as aas uit te sit en dan eers 'n plan te maak (175). Sy sÍ ook vir Alex sy is in Suid- Afrika om " klaar te maak " (249), en vir Hamisi sÍ sy: " As niemand jou wil help nie, leer mens om jou eie probleme op te los ." (293). ❑Ondanks haar uiterlikekrag , is Ranna mettye weerloos : Daar kom soms selfs trane in haar oÎ, en haar verlies van Alex bring baie hartseer. ❑Op haar T-hemp staan: " Dr Seuss is altyd reg. " Talle wyshede word aan Dr. Seuss toegeskryf, en dit lyk of Ranna 'n Seuss-aanhanger is. Een voorbeeld wat op haar van toepassing is, is die slotwoorde van sy laaste boek Oh, The Places You'll Go!: "You're off tot great places! Today is your day! Your mountain is waiting. So get on your way. " (Battersby 2004). ❑Die DocMartens-skoene ook is tipies van Ranna: bonkige stewelagtige skoene wat bietjie rebels/alternatief is (27). ❑Wanneer Alex haar kamer besoek en met Hadhi praat, kry hy meer insigte in Ranna se lewensgewoontes en voorkeure. Sy slaapmin en lees geweldig baie , soos Alex kan sien aan die stapels met boeke. Die verskeidenheid boeke word geÔllustreer deur die titels wat hy noem: Zen and the Art of Motorcycle Maintenance: An Inquiry into Values, The Secret Life of Bees, Domestic Violence, How to survive en Advanced Quantum Physics (41). Ranna sÍ hulle trek elke keer dat sy verhuis saam. ❑Ranna het 'n ingewikkelde verlede waarvan sy nooit in die loop van die vertelling ontsnapnie (311), en sy hou doelbewus 'n kleedvan geheimsinnigheid om haar. Haar tipiese antwoord wanneer Alex haar uitvra, is om te sÍ dis 'n lang geskiedenis. Alex, wat mense goed kan waarneem en opsom, verwag chaos naby haar. Hy dink sy steekhaar emosiesweg en probeerinpas by mense (17). Dit bevestig Ranna later self as sy sÍ haar buitengewonelengte bring mee dat sy tussen mense wil wegraak. Alex erken Ranna is die een persoon wat hy nie kon lees nie (229). Sy sÍ vir Alex dat daar geen van haar foto's in haar kamer is nie. Haar verklaring is dat sy wil vergeet as sy in haar kamer is (65). Ranna sÍ eensaamheid is vir haar 'n realiteit (99, 140).
RANNA–Hoofkarakter / Protagonis / eerstepersoonverteller
❑Ranna is in Johannesburg gebore as Isabel Kroon.
❑Haar pa is oorlede toe sy elf jaar oud was– glo selfdood – nadat hy sy vrou gereeld mishandel het.
❑ Ranna se ma het weer getrou, met 'n ryk Joodse chirurg (dokter)–'n " sagte " man–en ses jaar later het hulle na New York verhuis. Ranna het haar stiefpa se van, Baker , aangeneem om te help om van haar pa te vergeet (125).
❑Sy was in nege skole en het nie vaste bande gebou nie : " Hulle bly elke keer agter en jy gaan aan ." (99).
❑Daar is rede waarom sy nie maklik praat nie, en liewer stilbly (100). Dit lei ongelukkig ook daartoe dat sy stilblyas 'n wapen gebruik en nie besef dat dit soos leuens is nie en dat dit tussen haar en Alex kom (95).
❑Daar is ook tye wat Ranna nie huiwer om haar uit te spreek nie : toe sy vier jaar oud was, het sy 'n towenaar as 'n bedrieÎr uitgewys (168).
❑Hoewel Ranna superieur-intelligent is, het sy op skool gesukkel met taalvakke, want sy sÍ sy is nie gemaklik met woorde nie–Alex vertel van haar " slordige " woorde (56).
❑Ranna word oorweldig deur 'n " stroom inligting ". 'n Sielkundige het haar gehelp om te verstaan dat sy 'n visuele geheue het. Sy is aanbeveel om 'n kamera aan te skaf (151-156).
❑Dit het tot haar suksesvolleberoep as bekroonde persfotograaf gelei–sy doen hierdie werk in TanzaniÎ nadat sy vir twee jaar lank in San Francisco en driejaar lank in Parys was.
❑In Parys het sy haar naam verander na Ranna Abramson , Joodse name (115).
❑In San Francisco sou sy 'n grootprys vir haar beroemde foto's van 'n brand in San Francisco ontvang, maar het dit van die hand gewys (115). Sy verduidelik dat die trauma daarvan haar weerhou het om die prys te aanvaar (135). In San Francisco sterf haar geliefde, Peter Fox , op 'n vreemde manier. Misdaad is vermoed, maar niks is bewys nie.
❑In Parys was sy (amper?) verloof aan Gerard Peroux , maar hy sterf in 'n motorongeluk. Ranna is aangekla, maar die polisie kon niks finaal bewys nie (126-127).
❑Haar huidige werk bevredig Ranna nie : " Soms mis ek my lewe. Wat my lewe kon gewees het. " (161).
❑Alex beskryf dikwels hoe waaksaamen oplettend Ranna is–asof sy die heeltydwaarneem wat om haar gebeur. Alex kyk na haar rustelosefiguur (14), en hy neem haar rusteloosheid sÛ waar: " Van ys na water in een onvoorspelbare sekonde ." (23). Vir Alex lyk dit of sy 'n staalkabel deur haar lyf het en die heeltyd wag vir iets om te gebeur (17).
❑Charlie sÍ haar reputasie lui dat sy niemandvertrou nie (192).
❑Gaan Ranna afsluiting van Tom vind? Alex dink n· sy dood gaan Tomjuis in Ranna se kop voortleef (271). Terwyl Tom sterwend is, sÍ Ranna onseker dat hulle " seker " 'n ambulans moet bel–daarna skynbaarhalfhartig dat die ambulans te laat gaan wees asof iets in haar vir Tom wil laat leef (270). ❑Toe hulle die lyk op die spoorlyn neerlÍ, stel sy 'n morelevraag : " As jy 'n slegte man doodmaak, is dit sonde? " (281), wat wys dat dit nie maklik is om van jou agtervolger te ontsnap as jy so lank sy gevangene was nie. Dit lig die sluier effens oor 'n saak wat nie eksplisiet en duidelik in die roman gestel word nie: Is dit 'n vraag wat Ranna pla sedert haar pa se " selfdood "? ❑Ranna is 'n interessantekarakter weens haar ongewone verlede en kompleksiteit. Sy is 'n tragiesefiguur deurdat sy uitsonderlike eienskappe het wat vreemde dinge om haar laat gebeur sonder dat sy daarvoor vra en wat haar lot sou bepaal het. ❑Sy is egter nie 'n sagte slagoffer nie , en maak planne : Sy is vasberade om haar verhouding met Alex te red en as 'n onafhanklike gees beraam sy 'n plan met Tom. Sy is ook bereid om hom met 'n mes dood te maak. ❑Wanneer sy haar verhouding met Alex moet verbreek weens eksterne omstandighede ondanks haar egte liefde vir hom, doen sy dit beslissend. ❑Soos met Alex as karakter in Skoenlapper, is dit weer eens in die aard van 'n spanningsroman dat die klemop die vertelling en intrige is , eerder as op die sielkundige ontwikkeling van persoonlikhede. Dit kan wel gebeur in 'n reeks romans waarin die hoofkarakters herhaaldelik voorkom (Burger 2018b).
❑Weens die verlede wat so aan haar kleef , is daar ook 'n fatalisme aan Ranna: Sy word voortdurend deur ander gedryf en gejaag en kan nie loskom van hierdie lot nie. Sy kan net beheer kry deur gedurigte verander en te verskuif , soos 'n voÎl wat van tak tot tak moet skuif (311).
❑ Fatalisme : die geloof dat dinge gebeur soos dit moet en dat jy niks kan doen omte keer dat bepaalde dinge gebeur nie.
❑Ranna hoop om by Alexdie " regte " liefde en rus te vind waarna sy verlang (96). Ranna dink 'n mens kan nie leer om iemand lief te hÍ nie – liefde gebeur sommer net (170). Sy is egter skeptiesoor die uitwerking van liefde : " LiefhÍ maak mens te blind om regtig te luister. Te onseker om te glo ." (157).
❑Alex besluit " aanval is die beste verdediging " (50) is tipiesehouding van Ranna en dit kom dikwels na vore. Dis egter ook 'n manier om 'n skermom jou te bou en lei tot die " hardheid " wat Alex ook om Ranna merk (57). In die polisiestasie beskryf Alex haar as " heeltemal kalm–amper klinies ..." (75). Dis natuurlik IRONIES dat hy nie weet sy was al ten minste twee keer tevore onder soortgelyke omstandighede by die polisie nie.
❑Ranna se geheimsinnigheid en wat Alex as haar oneerlikheidmet hom beskou, is die belangrikste redes waarom hy haar verlaat. Dit is ook hierdie grondevir hulle verhouding wat Ranna in Suid-Afrika probeer herstel.
❑'n Deel van Ranna se geskiedenis is wat met mans naby haar gebeur het. Sy het 'n besondereaantrekkingskrag op mans : Sy is aantreklik (Alex ontdek gou die " belofte van haar lyf " (24)), lank en het 'n sterkpersoonlikheid. Hadhi, Ranna se hospita , gee te kenne dat sy kan sien Ranna het reeds vir Alex betower. Ranna is bewus van skinderstories oor haar as gevolg van die mans in haar lewe (53). Sy beskou soms " elke verhouding " as 'n " magstryd " (55).
❑Waarskynlik weens haar kinderlewe het Ranna 'n fermstandpunt teenoor Tom dat hy die een was wat versigtig moes wees toe sy dronk was en hy hom aan haar opgedring het.
❑Weens alles wat met haar aan die gebeur was, voel sy selfs soos die "s preekwoordelike mishandelde vrou ." (197).
❑Hoewel Ranna 'n internasionalelewe lei, behou sy sterk emosionele bande met Suid- Afrika. Haar tatoeÎermerk met 'n aanhaling uit 'n Afrikaanse gedig wys dit (81), en ook die bobotie wat sy vir Hadhi gemaak het (224). Die tatoeÎermerksÍ egter ook meer oor Ranna : die aanhaling uit die gedig is uit die sonnet " Vroegherfs " deur N. Van Wyk Louw. Dit is een van vier sonnette uit die siklus " Vier gebede by jaargetye in die Boland ". Dit handel oor die koms van herfs n· die welige groei van die somer, maar ook met die besef dat die stilte van herfs en winter weer as nuwe groei dien: Daar kan dus afsluiting vir onaangename dinge wees .→ NB!!
❑Later wys Ranna na Hamisi se " verbetenheid " (294), wat beteken dat hy hardnekkigis en volhou. ❑Hoe Hamisi sielkundigemetodes gebruik, blyk bv. uit die troefkaart wat hy met Alex speel: Hy wil hÍ Alex moet hom vertel wat Ranna doen en of sy iets wegsteek. As Alex glo sy is onskuldig, moet hy dit bewys; ook skimp hy dat Alex in gevaar mag wees. Hymaak verdere onthullings oor Ranna: Sy het drie keer geld van Billy gekry en sy is reeds in twee ander lande vir moord ondersoek weens die dood van mans by wie sy betrokke was–Billy is dus 'n derde (112). ❑Ranna begin wel besef dat iets wat tussen Hamisi en sy vrou gebeur het, hom intens pla. Wanneer hulle ontmoet om oor die lys te praat, is Ranna nog nie seker omwatter rede Hamisi haar wil help nie. Ranna skraap haar moed bymekaar en vra Hamisi of sy soektog met sy vrou te doen het. Hy vertel haar dat sy vrou amper tien jaar tevore net verdwyn het. Toe Ranna verder uitvra, trek Hamisi sy skouers op, " dun en hartseer ", en knop die gesprek kort (186-187). ❑ ByCharlie Wanga kry Ranna inligting : Hamisi was n· bomontploffings in TanzaniÎ 'n ruk lank in die VSA waar hy opleidingby die FBI (Federal Bureau of Investigation) gekry het. Charlie noem Hamisi briljanten pedanties , maar praat oor hom in die verledetyd. Hy sÍ dat Hamisi diÈ hoÎdunk onder die publiek geniet het totdat sy vrou verdwyn het. Hamisi was ook in SanFrancisco vir 'n moordsaak op 'n Tanzaniese seuntjie. ❑Oor Hamisi se vrou se verdwyning vertel Charlie dat sy net een dag nooit van haar werk teruggekom het nie. Daar was wel stories dat albei ontrou was aan mekaar, maar Charlie glo sy vrou het iets oor hom uitgevind nadat hy van San Francisco af teruggekom het. ❑Niemand weet egter wat dit was nie. Charlie dink wel nie hy het sy vrou vermoor nie. Hamisi kan baie reis omdat hy rykvan sy pa geÎrf het hy gaan omtrent elke jaar na onbekende plekke toe. Charlie reken Hamisi is 'n goeie polisieman , maar het ook sy duiwels,malheid en seer. Hy verseker Ranna sy kan Hamisi vertrou, maar dat sy versigtig moet wees: Hamisi is skerp en sy moet nie met hom swaarde kruis nie. Charlie bevestig dat Hamisi in New York was (190-194; 219-222). ❑Terwyl Ranna op die plaas is, bel Hamisi haar om te waarsku dat Tom naSuid-Afrika vertrek het. Dis duidelik dat Hamisi en Ranna 'n vertrouensverhouding opgebou het. Sy vra hom reguit oor sy vrou. Hamisiis bereid om te praat, maar hy sÍ die vraag is nie oor sy vrou nie,maar oor wie hy is. Toe sy vrou (en hy self) uitvind wie sy ware self is , was die skande te groot vir haar en sy het weggeloop. Hy sou graag vir jaar wou jammer sÍ – en ook sy kind sien met wie sy swanger was.
HAMISI BAHAME–Newekarakter (ondersteun hoofkarakters) / Tritagonis
❑Hierdie Tanzaniese speurder is 'n besonder interessante karakter wat die leser waarskynlik sal onthou.
❑Daar is dus ook 'n element van 'n speurroman met die rol van Hamisi as die knap speurder.
❑Die deurlopendeindruk van hom is van obsessiewenetheid. Wanneer Ranna hom buite haar kamer dophou, vertel sy hoe "... Hy sy das regtrek, dan afbuk om sy skoene met 'n sakdoek skoon te vee. Hy stryk die moue van sy wit hemp met lang, presiese hale glad ..." (159).
❑Hamisi het besondereverfynde voorkeure : Wanneer Ranna hom 'n bier in 'n bottel aanbied, vra hy vir 'n glas (153). Hy drink Suid-Afrikaanse Castle-bier.
❑ Sykeuse van sigarette is ook veelseggend : Hy rook Dunhill, 'n Britse sigaret wat as meer gesofistikeerd in die mark geplaas is en ook duurder as die meeste sigarette is.
❑ Gedurende sy eerste ontmoeting met Hamisi word Alex van verskeiekenmerke van hom bewus. Alex merk sy skerp neus en sy " onpeilbare en troebel " oÎ soos modder op, asook sy hoe voorkop en " strak, skoongeskeerde kakebeen ". Alex let ook sy waarnemings-vermoÎ op: Tot sy verbasing merk Hamisi op dat Alex lief is vir " juffrou Abramson " op grond van hoe hy oor haar praat. Alex dink Hamisi is 'n "poÎtiese" en slimpersoon wanneer Hamisi " mymer " dat " die meeste mense het iemand lief ... Mense wat goed verloor, soek antwoorde ..." (78). Hamisi gebruik sielkundige metodes om verdagtes te laat twyfel: " Buitendien, daar's geen rede om julle van enige iets te verdink nie, of hoe? " (79),
❑Hamisi uiter dikwels sulke filosofiesegedagtes. Ranna sÍ inderdaad dat hy haar " filosofies " antwoord by haar woonstel (152). Hy doen dit soms wanneer sy vrae en opmerkings duister is, asof hy vis vir inligting, bv. as hy sÍ: " Mans sal soms meer vir seks doen as vir liefde. " (89). Dit blyk later dat dit waarskynlik 'n uitdrukking van sy kwellings oor homself en die verhouding van sy verdwene vrou is. Hamisi opper 'n wysheid na aanleiding van die verhouding tussen Ranna en Billy: " Dis onmoontlik om presies te weet wat tussen twee mense aangaan, Alex. Meeste van die tyd raai ons maar net, nie waar nie? " (111).
❑Wanneer Hamisi Ranna in haar woonstel besoek, deel hy meer van sy filosofieoor die lewe mee. Hy sÍ: " Dinge het nie altyd 'n netjiese en gerieflike oplossing nie ...", waarop sy antwoord: " Jy haat raaisels, nË? Vrae met geen antwoorde nie ." (159). Ranna som hom waarskynlik korrek op met die vraag waarom hy nie met raaisels kansaamleef nie. Hy antwoord: " My vrou. ", maar beÎindig dan die gesprek (166). Nog twee dae later bel sy hom in die nag oor haar lys verdagtes. Hy verseker haar dat hy nie meer oortuig is sy is skuldig nie en deel weer 'n lewenswysheid : "... Die onwaarskynlikste is soms die moontlikste. Die wÍreld is 'n mal plek vol mal mense ." (169).
❑Ranna sit waarnemings en inligting bymekaar wat sy het, o. dat Hamisiin San Francisco was–'n stad wat bekend is vir sy hoÎtal gay persone.
❑ Hamisi lig nou die sluier deur te verwys na mans wat in Malawi ter dood veroordeel is en wat deur Oprah Winfrey gered is, en na twee vrouens wat in Uganda dood is. Dis duidelik hy verwys na gay en lesbiese mense. Hy verduidelik dat vervolging in TanzaniÎ voorkom en dat hy by tye moet weggaan. Die ergste wat hom oorkom, is gerugte oor jong meisies. Hy erken hy was lief vir sy vrou, maar probeer om haar situasie te begryp (294-297).
❑Hamisi het ook 'n sjarmantekant (of wil hy Ranna sus dat sy geheime verklap?)–hy verras haar by haar woonstel waar hy haar met blomme inwag (152). Aan die einde van sy besoek is Ranna se gevolgtrekking dat sy hom glo omdat hy luister, maar nie weet of sy hom kan vertrou nie (159-160).
❑ Uiteindelik misluk Hamisi egter as speurder omdat hy nie die skuldigeaan Billy se moord kon opspoor of deur knap dinkwerk identifiseer nie (295).
❑ Fiksie met elemente van misdaad soos moord skep die verwagting dat'n individuele speurder 'n rol sal speel. Daar was al soveel skitterende misdaadromans met briljante en interessante speurders–soms vreemde karakters–dat die skryf van 'n nuwe roman 'n besondere uitdaging het om van die speurder 'n boeiende en ongewone karakter te maak.
❑In Skoenlapper moet Hamisi hierdie rol vervul. Met sy eksentrieke obsessie met netheid, sy verfynde smaak, vasberadenheid om raaisels op te los, tragiese huwelikslewe, professionaliteit, kundigheid as speurder en wegbreek uit die eng Tanzaniese gemeenskap, is hy 'n belangrike, veelkantig en boeiende newekarakter – waarskynlik die karakter in Skoenlapper wat die sterkste as veelkantige persoonlikheid uitstaan.
MAGGIE–Newekarakter ❑Daar is besonder sterk vrouekarakters in Skoenlapper–in TEENSTELLING met van die mans wat vroueslaners, 'n moordenaar en 'n vroueverneuker is (Francois, Ranna se pa, Tom, Hamisi). ❑Maggie is so 'n sterk vrouefiguur , hoewel die leser min oor haar te wete kom. ❑Sy is 'n kelnerinby Hardings , haar broer se restaurant , maar bo en behalwe gaste bedien soms "op haar tyd" (18), biere aandra, leÎ bottels verwyder en vuil glase en ander skottelgoed was , is sy ook die hooftoesighouer. Ranna sÍ: "sy weet altyd presies wat in Hardings aangaan." 149). Sy en haar broer sorg saam vir drie jonger broers en 'n suster (148). ❑Maggie waak nie net oor die hoeveelheid drank wat gebruik word nie, maar ook oor veral Rannase welsyn – wanneer Ranna en Alex 'n bierdrinkkompetisie het, weier sy om meer bier vir Ranna t gee en beduie dat Alex vir Ranna moet sorg (23). ❑ Alex vermoed Maggie kan bepaal wie die restaurant mag besoek (23) en boonop waak sy oor die restaurant se vloer (29) en duld nie 'n vryery (55)–hoewel dit net Ranna se verskoning mag wees. ❑Maggie is ook die restaurant se kok waar sy heerlike hoenderkerrie maak (56). Sy is ook 'n snuffelaarna nuus , soos waar sy naby Alex en Hamisi rondhang (90). ❑Maggie hou skynbaar van Alex, want byna moederlik bedien sy bier en kos vir hom (29-30). Sy steek haar neus deeglik in Ranna en Alex se verhouding in en vertel vir Ranna wat sy van Alex dink. Maggie probeer ook vir Ranna in 'n rigting stuur om 'n plan met Alex te hÍ (223- 224). ❑Hoewel Maggie met min woorde en beskrywings duidelik as karakter uitgebeeldis, is sy STEREOTIPIESvan vrouens wat die septer oor derduisende kroeÎ wÍreldwyd swaai.
❑Ranna se versoek is dat Sarah haar moet help met 'n nuwe naam, paspoort en rekening sodat sy kan verdwyn. Sy wil nie hÍ Alex moet weet nie om vir hom te beskerm. Sarah waarsku dat dit Alex sal seermaak as Ranna net verdwyn. Sarah weet baie oor Ranna se geldsake, maar sy laat blyk ook dat sy meer weet oor Ranna se pa se dood en dat Ranna en haar ma dinge weggesteek het. ❑Sy trekdie waarheid uit Ranna uit. Sarah verduidelik dat sy meer oor Ranna wil weet vir Alex se onthalwe–hy kom eerste. Ranna raak 'n sagtepunt by Sarah aan as sy sÍ sy vermoedSarah is lief vir Alex. Sarah dink lank na oor Ranna se versoek, en stem wel in. Sy sal egter vir Ranna 'n nuwe foon gee waarmee sy vir Alex moet bel net voor sy op die vliegtuig klim–dis 'n bevelvan Sarah. Selfs toe Ranna met haar nuwe naam op O. Tambo Internasionale Lughawe is, bel Sarah haar om haar kortafte herinner om vir Alex te bel (325-326). ❑Die onverskrokke, intelligente, stoutmoedige en vat nie-nonsens-nie Sarah is waarskynlik die lesers se gunstelingkarakter in hierdie roman. Haar hele kleurvolle voorkoms spreek van selfvertroueen in-beheer-wees. ❑ Irmaventer verklap haar gevoel oor Sarah : " Sarah moet jy altyd in toom hou, want as jy weer sien, kan sy 'n saak te maklik en vinnig oplos " (huisgenoot 2018, bl. 53). ❑ Haar toewyding aan Alex is aandoenlik ( wat jou hart roer, treffend, wat jou innerlik raak ) aangesien daar duidelik 'n noueband tussen hulle is, hoewel Alex–tot dusver– nie haar kies nie. Haar gevoel vir Alex is des te meer vol patosomdat rekenaarfundi's dikwels nie juis romantiese mense is nie , " Sarah ken rekenaars; ek ken mense ." (238). ❑Die fassinasie wat sy uitstraal , het moontlik te doen met die manier waarop sy tegnologiegebruik om stelsels en wette te fnuik en selfs te ondermyn – tot die punt waar sy onwettige dokumente vir Ranna gee. ❑Sy verteenwoordig dus die gewonemens wat dikwels in opstandigheid teenoor hoÎr magte koester , maar nie tot opstand gaan nie. Sarahdeel dus die vuishoue uit wat Jan Allemangraag sou wou. ❑Daarby is sy 'n soortRobin Hood-karakter wat deur kuberrooftogte materiÎle voordele vir haar gesin kry. ❑Sarah is 'n boeiendeinteressante karakter.
SARAH FOURIE–Newekarakter
❑is 'n IT-spesialis en het in 'n woonstel in Kerkstraat, Pretoria-Wes grootgeword. As negejarige kind het sy reeds meer in rekenaars as enige ander bedrywigheid belang gestel, hoewel Coke, nikotien en soet witsjokolade spoedig haar ander verslawings geword het.
❑Deurdat Sarah uitgewerk het hoe om rekenaarsvir onwettige doeleindes te gebruik, het haar gesin onverklaarbaar talle materiÎle voordele ontvang – totdat sy te "vrygewig" geraak het en gevang is.
❑Toe sy in die tronk beland, het Alex haar leer ken toe hy haar hofsaak gedek het. Ween sy begrip en deeglike dekking van haar saak en agtergrond, het Sarahvir Alex vanuit die tronkopgespoor. Alex het nog artikels oor haar geskryf, en sedertdien is sy in die skuld by Alex.
❑Haar vaardighedeas digitale speurder het toegeneem – Alex vermoed dat sy steeds by onwettige sake betrokke is weens bv. die gesin se strandhuis , maar vra niks daaroor nie (116-118).
❑Dit blyk dat Sarah en Alex 'n gemaklikeverhouding het–daar skemer selfs jaloesieoor Ranna van Sarah se kant deur. Alex en Sarah deel selfs 'n herinnering aantoe hulle byna in Sarah se bed beland het. Ranna het in Dar es Salaam agtergekom daar is 'n besonderseband tussen Alex en Sarah en dat Sarah waarskynlikenige iets vir Alex sal doen (321).
❑Wanneer Ranna vir Alex vra om haar in kontak met Sarah te bring, sÍ Alex Ranna sal vir Sarah moet wag om haar te skakel as en wanneer Sarah so voel. Die volgende aand bel Sarah. Ranna hou dadelik van Sarah se direktheid – Sarah het 'n tipiese informele manier van praat , soos "Daai ou is so mal soos 'n haas." (240). Hulle spreek af om mekaar oor drie dae in Pretoria te ontmoet (314-315).
❑By die vervalle Palace Hotel & Bar verlos Sarah vir Ranna van die aandag van twee mans met 'n stemwat deur die vertrek knal en die manne beveel om te stop. Ranna som Sarah op: "... Daar is baie meer aan Sarah Fourie as wat die meeste mense sal besef ." (319). Dis duidelik sy is bekenden in beheer. Sarah is aantreklik, klein gebou, sportief, goed aangetrek en sou op die voorblad van die modetydskrif Cosmopolitan pas. Ranna dink haar voorkoms is diÈ van 'n aktiewepersoon wat ook motorfiets ry. Tog voel Ranna Sarah se werklikepersoonlikheid is weggesteek (319-324).
❑Sarah maak dit dadelik duidelik dat sy baie van Ranna weet, onder andere dat Isabel haar regte naam is. Ranna vermoed Sarah is bereid om te help omdat sy Alex teen Ranna wil beskerm.
BOODSKAP
Die boodskap verwys na meer spesifiekeidee wat die skrywer aan die leser wil oordra.
Dieboodskap wat 'n leser kan aflei, is die vraag oor geregtigheid : Wanneer geskied geregtigheid en wie het die reg en mag om dit toe te pas?
Ranna soek geregtigheid as straf vir haar agtervolger wat meedoÎnloos teenoor haar is; en
Haar agtervolger glo hy soek na geregtigheid vir wat sy pa oorgekom het.
DIE TEMAS → NB!!
Die tema is die sentralegedagte/idee wat die roman as 'n geheel bind. Dit kan implisiet of eksplisiet aangebied word. Daar kan meer as een tema wees. Die tema is nie dieselfde asdie boodskap nie en kan universeel wees.
Skrywers gebruik soms’nverhaal om’nlewensles of lewenswaarheid aan die leser oor te dra. Dit gee die skrywer geleentheid om, sonder om prekerig of moralisties te wees, sosiale kommentaar te lewer, bv. oor internasionale media se aandag aan Afrika net wanner 'n Amerikaanse president of 'n prinses die vasteland besoek.→ NB!!
TEMAS en MOTIEWE is geintegreer rondom die hoofspannigslyn.
Die roman is gebou rondom die HOOFTEMA(OORKOEPELENDE) van geregtigheid, wraak en weerwraak. (en geheimsinnigheid, agtervolging, vlug en veiligheid ).
Die tema(s) draai om die ewigdurende wegraak / vryheid van Ranna en die misterie/geheimsinnigheid wat om haar draai. EN...
Alex se lewe dui op chaos : hy is’nmens wat hom altyd in chaotiese omstandighede bevind.
Soms kom IDEES voor wat egter nie deurgevoer word tot 'n tema of met die res van die vertelling geÔntegreer of ingevoeg is nie. Bv. waar Alex sÍ: " Lieg? Net uit ordentlikheid. Soos 'n goeie Afrikanerseun. "
SUBTEMAS : Die chroniese mishandelde vrou. Geslaggebaseerde geweld. Verraad. Liefde. Klimaatsverandering. Mediaprioriteite.
HOOFTEMA–GEREGTIGHEID, WRAAK EN WEERWRAAK
❖Een van die verwagtings waarmee lesers gewoonlik misdaadromans begin lees, is dat geregtigheid sal geskied : die skuldige moet gevind en behoorlik gestraf word. Die slagoffers of agtergeblewenes soos geliefdes en familie moet ervaar dat die onreg wat hulle aangedoen is, behoorlik vergeld is (Amid 2014). ❖Hoewel drie moorde gepleeg word, is die fokusvan onreg in Skoenlapper op Ranna. Sy word agtervolg deur 'n wraakgierige/wraaksugtige persoon wat bereid is om herhaaldelik moord te pleeg ten einde sy drang na vergelding te bevredig. ❖ Ditbring egter die vraag na vore : Het Tom die reg om onskuldige mense dood te maak omdat hy verontreg voel? Die antwoord is kompleks , want Tom beskuldig vir Ranna dat sy die foto's van sy pa verander het sonder dat hy bewyse daarvoor het. Sy wraaktog is dus 'n onreg – hy pas die primitieweregsbeginsel toe van " 'n oog om 'n oog ", m.a. : Jy het iets aan my gedoen so ek gaan self iets aan jou doen waardeur ek jou in gelyke munt terugbetaal. ❖Daar vind dus geenondersoek soos deur polisie plaas nie; die beginsel word nietoegepas dat die onskuldige as onskuldig beskou word tot skuld bewys is nie , en daar is geen kans vir die beskuldigde om haar te verdedig nie. ❖ Wanneer Tom doodgaan, kan die leser voel dat geregtigheidgeskied. Hieris egter 'n probleem : Ranna weier om haar vermoedens oor Tom by die polisie in Dar es Salaam aan te meld. Sykies optredemet 'n hoÎ risiko : Sy gaan die verdagteuitlok om 'n verdere wandaad te pleeg en dan op hom toeslaan–dit herinner aan Sarah se waarskuwing aan Alex: " Sy is 'n wyfiespinnekop. Mate and kill ." (126). ❖Tom beland dan in die netwat Ranna gespan het , maar hy misgis hom en word oorrompel deur die onderlingebegrip en koˆrdinasie tussen Ranna en Alex. Tom het 'n groot mes en 'n pistool , maar Alex en Ranna kry albei wapens in die hande. Ranna steekvir Tom herhaaldelik met die doel omhom so seer as moontlik te maak , indien nie dood nie. Tom **st
Skoenlapper Gr12 AET Opsomming Skoenlapper Gr12 AET Opsomming
Course: Afrikaans (AFK1501)
University: University of South Africa
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades
Why is this page out of focus?
This is a preview
Access to all documents
Get Unlimited Downloads
Improve your grades